Love all Tangled up

http://www.fearfuladventurer.com/blog/

Advertisements

Huis

​Na 18 jaar staan jy by die hekkie, wat kraak as jy hom oopmaak.

Jy kyk vir ou laas af in die paadjie, wat nie meer gelyk is nie.

Jy kyk na die stoep met die drie stoele, wat lankal moes vervang word.

Jou oë rus ten einde op die voordeur, wat nou toe is.
Na 18 jaar is jy gereed vir n nuwe woning, tuiste, huis.

In jou verbeelding ruik jy varsgebakte koekies en kerrie,

Want Ma weet hoe baie jy van kerrie hou.

Stadig dwaal jou oë van links na regs en weer terug.

Die rose is lankal reeds dood, die son sal nog lank, laag hang en oor die dak loer, dan sit jy al gemaklik op n nuwe stoep.
Na 18 jaar van 15 treë tot by die stoep, drie trappies, en 5 treë tot by die deur, is jy bereid om afskeid te neem.

In die ou peerboom sit n duif en koer.

Klink of sy jou groet.

Totsien liewe huis, my tuiste en ons woning.

Dying and Death

​Today I thought of dying, 

I thought of how I will accomplish it.

I’d starve myself, until my existence disappeared in to oblivion.
Yesterday I wanted to die, I made a conscious decision on how to accomplish it.

I’d drink all the pills I could find, I won’t stop until I pass out.

​Kry die boodskap

ek was sewentien

ek sien die wêreld in al sy glorie

ek is opgewonde oor môre want dit bring my toekoms

alles wat ek doen is vir die oomblik van nou

ek was agtien

ek besef dat ek jou nie gekies het nie

ek besef dat ek nooit gelukkig sal wees met jou nie

en ek weet dat ek my lewe sonder jou moet aanvaar

ek was negentien

vêr van alles waaraan ek gewoond is

maar ek voel veilig en gelukkig

jy is nie meer deel van my lewe nie

ek voel egter genoodsaak om aan te bly glo

ek wil nie aanvaar dat ek n fout gemaak het nie

my toekoms kom nader

ek was twintig

ek het lief geword vir iemand

maar ek is bang want jy het my laat glo, ek verdien nie liefde nie

ek het jou weer toegelaat om geluk weg te neem

ek hou my toekoms vas

ek was een-en-twintig

ek kyk na ou fotos en ek wonder hoekom ek nie meer sy is nie

ek het heeltemal wegbeweeg van geluk

ek wil net ophou lewe 

my toekoms is besig om weg te gly

ek was twee-en-twintig

ek lag, ek is uiteindelik gelukkig

ek staan stil en loop weg

ek kan nie liefhe nie

jy is uit, weg en ek is gelukkig

maar my toekoms lê reeds op die vloer

ek was drie-en-twintig

en ek wil graag aangaan met my lewe

ek wil ophou herinner word aan die keuses van die verlede

ek wil my lewe sonder jou daarin hê.

ek is vier-en-twintig

ek het opgehou

ek het n hartklop maar ek is dood 

ek lag, maar ek is nie gelukkig nie

my toekoms is in my hande

Tough Times

​In tough times you will meet your true friends, and friends who are true.
The difference is, the true friends are those who know you, and will know how to motivate you and keep you smiling. 
Friends who are true, are those friends who sees you for who you are, a person, someone who does not always want to smile, someone who sometimes wants to punch a wall, someone who feels like crying at times. These are the friends who holds you up when you can’t do it yourself, they will silently finish the race for you without even asking for a thank you. They don’t live for the “bestie” caption, but they live alongside you, for when you just need a break from life. 

#KnowtheDifference #KnowWhoYouAre #KnowWhoTheyAre

n Boodskap van my aan my.

 Ek ken jou die beste want in die nagte wanneer dit stil en donker is, lê ek langs jou. In die dae wanneer jy ontsnap na rustige plekkies om net jouself te vind, is ek langs jou. Ek is jy en jy is ek. Ek ken jou grootste hartseer meer as wat enigeen ooit sal besef, saam met jou het ek jou gelukkigste oomblik deurgemaak. Jy hoef nooit na my te soek nie, want vir jou is ek 24/7 beskikbaar. 

Nou wil ek vir jou dankie sê vir 23 ongelooflike jare saam, dankie dat jy n inspirasie is vir my, dankie dat jy nooit val en bly lê nie, dankie vir jou borrelende persoonlikheid, jou sterk uithouersgees, jou insig en kennis. Dankie dat jy altyd is wie jy is, en nooit jou laat verander omdat jy die een is wat nie inpas nie.

 Jy is n wonderlike, liefdevolle, vriendelike, sprankelende mens. Moet nooit dat verdwyn nie. Ek is bly om myself jou my mens te noem en ek is bly om alomwetende te wees. 

Drie en twintig jaar. 

Ek het lank gewag vir hierdie jaar, nie spesifiek my ouderdom nie, maar hierdie jaar. En om dit te deel met my 23 is eintlik beter as wat ek kon hoop.

Dankie Vader vir elke sekonde van my lewe. Dankie dat U se beskermende hand saggies om my rus. Dankie dat U goedheid geen einde ken nie. Dankie dat U liefde nooit ophou nie. Dankie vir my lewe. Here dankie vir alles wat ek is, was en nog sal wees. Dankie vir mense in my lewe en die wat ook nie meer daarin is nie. Vader U is my Anker, ek glo in myself want ek weet U glo in my. Ek is die mens wie ek is omdat ek weet U is met my. Vader vandag is vir my die wonderlikste dag ooit, want U het dit aan my gegee as n geskenk. En ek sal U ewig dankbaar wees. U is en sal altyd my Vader wees.

Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

​Jou hartseer sal geen mens verstaan nie. Jou pyn sal net jy ooit kan voel. Jou trane sal nooit opdroog nie. Daardie leemte in jou lewe sal nooit weggaan nie. 

Ek ken nie jou hartseer nie, ek ken nie jou pyn nie, maar liewe Vrou, liewe Moeder, vandag is jy my sister, vandag is jou hartseer my hartseer, jou pyn my pyn.

Soos wat jou hart vandag aan skerwe lê, lê my hart ook daar. Vandag bid ek vir jou, soos wat ek vir myself bid, vandag glo ek vir jou soos wat ek vir myself glo. Want al weet ek nie hoe jy voel nie, wil ek nie hê jy moet dit alleen voel nie. 
Moeder, Mamma, Mammie, Ma.  

Ek sien jou, ek is by jou.

Ek weet jy is hartseer omdat ek nie meer by jou is nie.

Ek weet die trane in jou oë is omdat jy my mis.

Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

Glimlag vir my, ek is gelukkig waar ek is.

Ek weet jou arms voel leeg, en jy wil my vashou en beskerm.

Maar hier waar ek vir jou wag, is ek veilig.

Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

Ek is nou jou Engelkind.

Ek wens net so baie soos jy, dat jy my kon sien groot word, want die trane in jou oë wou ek nooit sien nie.

Huis

​Wanneer jy huis sê, bedoel jy daardie ding met die vier mure en dak met hier en daar n venster.

Of, bedoel jy dit is waar jy tuis voel.

Dalk is jy van die gelukkiges wat tuis voel in hul huis.
My oë dwaal deur die trein venster, op pad huis toe.

In die helder lig sien n mens net soveel beter, en meer.
Skielik doem dit wat almal as swaarkry beskou, voor my op.

My hart gee n ruk, en ek besef weereens dat ons simpatie nooit hierdie gedeelte van die lewe sal kan wegvee nie.
Ek kyk op en rondom my, niemand lyk of hulle uit hierdie nedersetting kom nie, maar tog staan hul op en bewee na die deure.
Ek vra weer is huis die ding met die vier mure en dak of is dit waar jy tuis voel.