​Kry die boodskap

ek was sewentien

ek sien die wêreld in al sy glorie

ek is opgewonde oor môre want dit bring my toekoms

alles wat ek doen is vir die oomblik van nou

ek was agtien

ek besef dat ek jou nie gekies het nie

ek besef dat ek nooit gelukkig sal wees met jou nie

en ek weet dat ek my lewe sonder jou moet aanvaar

ek was negentien

vêr van alles waaraan ek gewoond is

maar ek voel veilig en gelukkig

jy is nie meer deel van my lewe nie

ek voel egter genoodsaak om aan te bly glo

ek wil nie aanvaar dat ek n fout gemaak het nie

my toekoms kom nader

ek was twintig

ek het lief geword vir iemand

maar ek is bang want jy het my laat glo, ek verdien nie liefde nie

ek het jou weer toegelaat om geluk weg te neem

ek hou my toekoms vas

ek was een-en-twintig

ek kyk na ou fotos en ek wonder hoekom ek nie meer sy is nie

ek het heeltemal wegbeweeg van geluk

ek wil net ophou lewe 

my toekoms is besig om weg te gly

ek was twee-en-twintig

ek lag, ek is uiteindelik gelukkig

ek staan stil en loop weg

ek kan nie liefhe nie

jy is uit, weg en ek is gelukkig

maar my toekoms lê reeds op die vloer

ek was drie-en-twintig

en ek wil graag aangaan met my lewe

ek wil ophou herinner word aan die keuses van die verlede

ek wil my lewe sonder jou daarin hê.

ek is vier-en-twintig

ek het opgehou

ek het n hartklop maar ek is dood 

ek lag, maar ek is nie gelukkig nie

my toekoms is in my hande

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s