Huis

​Na 18 jaar staan jy by die hekkie, wat kraak as jy hom oopmaak.

Jy kyk vir ou laas af in die paadjie, wat nie meer gelyk is nie.

Jy kyk na die stoep met die drie stoele, wat lankal moes vervang word.

Jou oë rus ten einde op die voordeur, wat nou toe is.
Na 18 jaar is jy gereed vir n nuwe woning, tuiste, huis.

In jou verbeelding ruik jy varsgebakte koekies en kerrie,

Want Ma weet hoe baie jy van kerrie hou.

Stadig dwaal jou oë van links na regs en weer terug.

Die rose is lankal reeds dood, die son sal nog lank, laag hang en oor die dak loer, dan sit jy al gemaklik op n nuwe stoep.
Na 18 jaar van 15 treë tot by die stoep, drie trappies, en 5 treë tot by die deur, is jy bereid om afskeid te neem.

In die ou peerboom sit n duif en koer.

Klink of sy jou groet.

Totsien liewe huis, my tuiste en ons woning.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s