Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

​Jou hartseer sal geen mens verstaan nie. Jou pyn sal net jy ooit kan voel. Jou trane sal nooit opdroog nie. Daardie leemte in jou lewe sal nooit weggaan nie. 

Ek ken nie jou hartseer nie, ek ken nie jou pyn nie, maar liewe Vrou, liewe Moeder, vandag is jy my sister, vandag is jou hartseer my hartseer, jou pyn my pyn.

Soos wat jou hart vandag aan skerwe lê, lê my hart ook daar. Vandag bid ek vir jou, soos wat ek vir myself bid, vandag glo ek vir jou soos wat ek vir myself glo. Want al weet ek nie hoe jy voel nie, wil ek nie hê jy moet dit alleen voel nie. 
Moeder, Mamma, Mammie, Ma.  

Ek sien jou, ek is by jou.

Ek weet jy is hartseer omdat ek nie meer by jou is nie.

Ek weet die trane in jou oë is omdat jy my mis.

Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

Glimlag vir my, ek is gelukkig waar ek is.

Ek weet jou arms voel leeg, en jy wil my vashou en beskerm.

Maar hier waar ek vir jou wag, is ek veilig.

Moeder, Mamma, Mammie, Ma.

Ek is nou jou Engelkind.

Ek wens net so baie soos jy, dat jy my kon sien groot word, want die trane in jou oë wou ek nooit sien nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s