n Boodskap van my aan my.

 Ek ken jou die beste want in die nagte wanneer dit stil en donker is, lê ek langs jou. In die dae wanneer jy ontsnap na rustige plekkies om net jouself te vind, is ek langs jou. Ek is jy en jy is ek. Ek ken jou grootste hartseer meer as wat enigeen ooit sal besef, saam met jou het ek jou gelukkigste oomblik deurgemaak. Jy hoef nooit na my te soek nie, want vir jou is ek 24/7 beskikbaar. 

Nou wil ek vir jou dankie sê vir 23 ongelooflike jare saam, dankie dat jy n inspirasie is vir my, dankie dat jy nooit val en bly lê nie, dankie vir jou borrelende persoonlikheid, jou sterk uithouersgees, jou insig en kennis. Dankie dat jy altyd is wie jy is, en nooit jou laat verander omdat jy die een is wat nie inpas nie.

 Jy is n wonderlike, liefdevolle, vriendelike, sprankelende mens. Moet nooit dat verdwyn nie. Ek is bly om myself jou my mens te noem en ek is bly om alomwetende te wees. 

Drie en twintig jaar. 

Ek het lank gewag vir hierdie jaar, nie spesifiek my ouderdom nie, maar hierdie jaar. En om dit te deel met my 23 is eintlik beter as wat ek kon hoop.

Dankie Vader vir elke sekonde van my lewe. Dankie dat U se beskermende hand saggies om my rus. Dankie dat U goedheid geen einde ken nie. Dankie dat U liefde nooit ophou nie. Dankie vir my lewe. Here dankie vir alles wat ek is, was en nog sal wees. Dankie vir mense in my lewe en die wat ook nie meer daarin is nie. Vader U is my Anker, ek glo in myself want ek weet U glo in my. Ek is die mens wie ek is omdat ek weet U is met my. Vader vandag is vir my die wonderlikste dag ooit, want U het dit aan my gegee as n geskenk. En ek sal U ewig dankbaar wees. U is en sal altyd my Vader wees.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s